Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Geslagsgelykheid
Vega
2010-11-12 Druk dit/Print it

Dis vir my redelik belaglik hoe vroue aandring op hul reg om “gelykheid”. Ek glo mans en vroue is gelykwaardig, maar soos vele boeke asook teaterstukke so deeglik aangedui het, is daar hemelsbreë verskille tussen die geslagte. Ongelukkig verwar ons regering en heelwat mense, veral vroue self, die terme gelyk en gelykwaardig. Hierdie probleem is nêrens so duidelik soos in die weermag en die myne nie.

Hier naby Kathu is ‘n weermagbasis, Lohatla en ‘n vriend van ons wat daar werk vertel dat baie van die vrouesoldate swanger raak en dan nie veel as soldaat kan uitrig nie. Hulle kinders word dan huistoe gestuur en die ouma kry ‘n staatstoelaag om die baba op te pas. As ek die vrouesoldate wat so by ons ‘mall’ uithang, bekyk, wonder ek of hulle 50 treë sal kan hardloop. As ek hul uniforms so kyk dink ek dis in elk geval ‘n wonderwerk dat hulle enigsins hulle bene in daardie stywe broeke kan beweeg.

Ek het al gedink hoe lekker joppie dit moet wees. Jy kry gratis verblyf en etes en hang heeldag rond terwyl jy ‘n salaris betaal word.

Op die myn is die probleem nog erger. Daar mag nie teen vroue gediskrimineer word nie, so daar bestaan nie so iets dat ‘n vrou nie ‘n sekere werk kan doen nie. Nou word hulle vragmotorbestuurders en masjienoperateurs. Baie van hulle beseer hulself omdat hulle wanneer hulle met die leer na die kajuit opklim hulle balans verloor en dit vir hulle onmoontlik is om hulle eie gewig met hulle arms te dra. Die mees algemene besering is geswikte of gebreekte enkels. Dit maak dat die myn se veiligheidsrekord en ook almal se bonusse benadeel word. Net omdat vrouens wil wys dat hulle dieselfde werk as mans kan doen, wat eintlik belaglik is. Dan raak hulle op ‘n streep nog swanger ook en moet vir 8 maande ‘n ligter werk gaan doen teen dieselfde salaris.

Ek dink vroue moet vrede maak met die feit dat daar werk is wat mans net eenvoudig beter kan doen, jy sien nie baie mans wat aandring om tradisionele vroue werk te doen nie.

Nou moet ek seker koes en sluit maar eerder af.

Vega



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za



VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van SêNet

Read more about Lize Viljoen
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur