| Die boek se naam is Tien uit tien |
Fanus Rautenbach
Tien uit tien Fanus Rautenbach Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624049432 Prys: R153.00
Klik hier en koop Tien uit tien nou van Kalahari.net!
Gewoonlik haal die redakteur enige stoute verwysing uit ’n nuwe boek. Nou wil ek nie net Danie Botha bedank nie, maar ek glo hy het self ’n paar skorsies bygevoeg!
Tien uit tien is ’n versameling knipsels van stories en snaakse goeters uit tydskrifte vanaf 1952. Die Huisgenoot het die grootste bydrae gemaak; dankie. Soos by “Aldag se mense”:
Alledaagse mense sal nie sommer trou nie, Die een sal die ander beloof; Hulle sal hulself met kamerstel Of met American Swiss verloof.
Dit is nadat hul ouers gevra het; Dis wat alledaagse ouers wil hê. Haai sosaties doen dit anders: Hulle sal net ouers sê.
Aldag se mense Het ’n ordentlike bruilof: Bruid en bruidegom Is mooi opgetof.
Terwyl die bruidspaar foto’s laat neem, Vergader die gaste vreemdstil in die saal; Daar word hulle op koue frikkadelle En warm sjampanje onthaal.
Kom die bruidspaar in, Begin die soetwyn fluit, En almal sing, vals en luidkeels: “Skink, hier kom die bruid!”
Die seremoniemonster lees die gramme; Die omies lag en die tannies sug; “Bring die pan, die wors kom aan, Wat gisteraand sonde was, is vanaand plig!”
Kort-kort verdwyn oom Sopie; Oom Sopie vattie twak nie – Niemand weet van sy halfjekkie In die Fordkar se kattebak nie!
Elkeen kry ’n beurt Om die bruid te prys; Dominee open met tafelgebed, Bedank vir drank en spys.
Die bruidspaar gaan staan dan laggend En wag oppie mooiste wense. Dis alles tog so rein en mooi, ’n bruilof van my alledaagse mense.
Die orkes speel, die paartjie sny die koek; Die bruidjie voel aan haar blanke hals. Hier kom die dans wat Arthur Murray hulle geleer het: Johann Strauss se Bloudonouwals.
Oom Tommie Twaksnor spoegskree: “Balke!” Hy gryp sy smetvet Saartjie-vrou: Juig om die swaai van een-twee-drie, “En hoe voel jou boude nou?”
Terwyl die gaste drink en dans, glip Die paartjie weg om bietjie te gaan vry; Die bruidegom wil sommer al uittrek, Maar die bruid blink nuut in Edgars se going-away!
Hulle groet en wuif en ry vrolik vort Onder luide gelag en sagte mamma-snikke, “Just married” gaan Margate toe Saam met appelkoosjem- en boeliebiefblikke!
“Dominee,” vra Kleinkoos van Jan Visagie “Mag mens seks geniet voor die troue?” “Ja, maar jy moet net sorg Dat dit nie die verrigtinge vertraag nie!”
En in sy onderbaadjiesak, ’n Geskenk van sy allesweetoom, Bewaar hy sy ongebore toekoms In ’n nuwe jakob-regop-kondoom.
En as die bruidjie dit later sien, Sal sy dit op die vonkpos kliek: My man se totter is nog nooit gebruik nie, Dis nog in sy blink plastiek!
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|