Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Is die hand van Suid-Afrikaanse kritici te sag? Ons sagte hande
Izak de Vries
2010-12-03 Druk dit/Print it

Spasie in ons koerante is só beperk dat die essensie van ’n boek baie vinnig  in ’n resensie moet oorkom.

Alle Suid-Afrikaanse uitgewers is boonop afhanklik van die “advertensiewaarde” van ’n resensie. As ons ’n digbundel stuur aan elke Afrikaanse koerant in die land, praat ons soms van twee persent van die drukoplaag wat weggegee word.

Lesers van boeke is intelligent. Daar is subtiele maniere om ’n leser opgewonde te maak oor ’n teks, of af te sit van ’n teks.

Resensente is mense. Ons kan ’n teks verkeerd lees. Ek vind egter ook dat dit belangrik is om die lesers – soos daardie wonderlike mense wat aan leeskringe behoort – iets te gee om aan te knibbel. Help hulle om te sien hier is iets ágter die teks.

Kommersiële uitgewers se begrotings is klein. Waarom dan ’n vrot boek uitgee?

As ons al bogenoemde in ag neem, is dit nie nodig om met lang messe rond te loop en boeke willens en wetens te slag nie. Ons moet bloot die lesers laat dink oor ’n teks. Hulle kan self besluit.

Boonop is daar altyd Crito wat darem ’n ogie oor ons hou!

 

<< Terug na invalsblad | Back to index <<

<< Terug na miniseminare | Back to mini-seminars <<



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za

Click Here to win a car!


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Johann Schutte
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur