Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Is die hand van Suid-Afrikaanse kritici te sag?
Malene Breytenbach
2010-12-03 Druk dit/Print it

Kritiek is nodig, maar dit moenie smoor nie. Dit is veel makliker om te kritiseer as te skep. By al die kunste is daar resensente/kritici wat hulle aanmatig om ander se werk te beoordeel. Soms sit hulle die stoel skoon mis. Ongenadige kritiek kan so kwetsend wees dat ’n mens oor jou eie vermoëns twyfel. Dit is nie bevorderlik vir skep nie. Kritiek ten opsigte van ons kuns is nie te sag nie. Soms is dit striemend. Hou net in gedagte dat dit onmoontlik is om uiteenlopende smake tevrede te stel.

Die kunste in Suid-Afrika voer ’n stryd om bestaan. Daar is nie meer kunsterade in die provinsies om dit te bevorder nie, daarom moet kunstefeeste gehou word. Slegs twee persent van die mense gaan na kunsuitstallings, maar die kunstenaars moet ’n lewe maak. Ons kan bly wees dat ons kuns nog vry is om uiteenlopende en soms vreemde produkte op te lewer – wat geniet of veroordeel kan word. Behoed ons van die dag wanneer die kunste gedienstig gemaak moet word aan die politiek. By daardie soort beoordelaars sal ons moeilik verbykom.

 

<< Terug na invalsblad | Back to index <<

<< Terug na miniseminare | Back to mini-seminars <<



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za

Click Here to win a car!


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Margie Wilson
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur