| Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: kringdans |
Susan Grobler
kringdans
reënstokke swalk ritmies uur na lange uur eentonige voeteval stuif stofdeeltjies om die vuur
donker oë lonker en lag daag al die ruigtes uit tooi witwarm vlamme in vuurspuwende rooitongprag
in ’n parket van spiese veilig in die hittekring word dié jaar se water in – weeldedans besing
in die stiller skaduwees agter die ritsel van grassade sluip – luiperd geruisloos – honger dors die vors
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|