Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
EKM Dido (1951 -)

2007-08-16 Druk dit/Print it

Gebore en getoë
EKM Dido, of Dido soos sy verkies om bekend te staan, is in 1951 in ’n klein dorpie, Tsomo, in die destydse Transkei gebore as die derde oudste van 12 kinders en die oudste dogter. Die skooltjie in Tsomo het net klas tot standerd 4 aangebied. Sy is na ’n sendingskool te Cofimvaba waar sy standerd 5 tot 7 geslaag het en is daarna na ’n Rooms-Katolieke kosskool in Cradock tot standerd 8. As gevolg van ’n finansiële tekort moes sy die skool in standerd 8 verlaat om te help om die jonger kinders skool toe te stuur. Vir die jong meisie was dit ’n swaar slag om te verwerk.

Verdere studies en werk
Vir ’n jong bruin vrou was daar destyds drie moontlikhede vir ’n verdere loopbaan: onderwys, ’n sekretariële beroep of verpleging. Geld vir eersgenoemde twee was daar nie, dus het Dido op verpleging besluit. Sy doen haar algemene opleiding in Kimberley vir drie jaar, waarna sy in 1972 na Kaapstad vertrek, verlief raak op die stad en tot vandag nog daar bly. Sy behaal aanvullende diplomas in kraamversorging, verloskunde en psigiatrie. En toe vervul sy ’n droom wat sy al lank koester – om haar matriek te behaal. Dit stel haar ook in staat om ’n graad in Verpleegadministrasie, Gemeenskapsverpleging en Verpleegonderrig deur Unisa te verwerf. In 1988 begin sy doseer aan die Nico Malan Verplegingskollege, deesdae die Wes-Kaap Verpleegkollege.

Deesdae wy Dido haar tyd aan deeltydse konsultasiewerk en skeppende skryfwerk. Sy is nou betrokke by woordfeeste en enige ander projekte om ’n leeskultuur onder haar mense op die platteland te vestig. Sy werk nóú saam aan die Gugulethu-projek in Afrikaans, Engels en Xhosa – die drie tale wat sy vlot praat – wat in 2006 ’n opvoering by die Suidoosterfees gehad het. Dido dien in die direksie van die Suidoosterfees, asook in dié van die KKNK.

In September 2005 ontvang sy ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Wes-Kaap vir haar bydrae tot die literêre wêreld. Sy is tans ’n dosent aan die Netcare Opleidingskollege in Kaapstad en sy en haar dogter, Vereena, en haar kleindogter, Zhané, woon in Blackheath.

Net na 1994 kla Dido by haar dogter oor die berigte dat die bruin mense hulleself in die verkiesing van 1994 verkoop het en oor die kwessie van primêre gesondheidsorg. Vereena se reaksie was: "Gaan sit … en skryf die goed neer.” Twee vingers op ’n ou Brother-tikmasjien en Die storie van Monica Peters sien die lig. Na die manuskrip ’n draai by vyf uitgewers gemaak het, klop Dido by Kwela Boeke aan en die res is, soos hulle sê, geskiedenis. Sy word die “eerste swart vrou” wat ’n boek in Afrikaans publiseer.

Daarmee saam beleef sy opeens ook ’n identiteitskrisis, want in Tsomo was hulle nie bewus van enige rasseverskille nie. Sy was nie swart, Khoi of San nie. “Wie was ek dan?” het sy haar afgevra. Sy vertel self hoe sy twee jaar later tydens ’n reis na Nederland en België die antwoord kry: “Ek staan een oggend in ’n museum in Amsterdam, klein voor my Skepper, omring deur die eeue oue prag en praal, toe ek skielik verstaan wie ek is, wat ek is. Ek is allereers Dido. Dan ’n Suid-Afrikaner. Ek is swart, ja – ek kan tog nie my gemengde bloed ontken nie. Ek is Khoi en San – en nog baie meer. En ek is trots daarop.”

Die storie van Monica Peters was eers in Engels geskryf. Annari van der Merwe, toe van Kwela Boeke, vra haar of dit nie beter in Afrikaans sal werk nie en dit was die beste ding wat sy kon gedoen het, want “terwyl ek dit toe in Afrikaans oorskryf, loop my kop draaie en loop daar trane oor my wange soos ek aan ander dinge begin dink … Ek het die taal waarvan ek weggehardloop het, so al skrywende terug ontdek.”

In al Dido se romans spreek sy sosiale kwessies aan, nie alleen dié van die bruin gemeenskap nie, maar universele probleme onder alle lae van die samelewing. Die storie van Monica Peters vertel die verhaal van ’n bruin meisie wat met ’n wit man trou en die land verlaat as gevolg van apartheid; Rugdraai en stilbly spreek vroueslanery en die probleem van geweld in die huwelik aan; Die onsigbares is die verhaal van die swaarkry van polisiemanne en hulle gesinne; en in ’n Stringetjie blou krale kom rassisme tussen bruin en swart ter sprake.

Dido is ’n gereelde bydraer tot LitNet en van haar kortverhale verskyn ook op LitNet. Haar kortverhale, soos "Die prediker", "Baby", "’n Nuwe ID", en "Ryper liefde" word ook in versamelbundels opgeneem.

Publikasies

Publikasie

Die storie van Monica Peters

Publikasiedatum

1996

ISBN

9780795700378 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Kwela

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings op die internet

Geen

Publikasie

Rugdraai en stilbly

Publikasiedatum

1997

ISBN

9780795700682 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Kwela

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings op die internet

Gabada, Noncedo: Trou is nie perdekoop nie – http://www.upe.ac.za

Publikasie

’n Stringetjie blou krale

Publikasiedatum

2000

ISBN

9780795701122 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Kwela

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings op die internet

Van der Merwe, Chris: ’n Verskeurde mens se soeke na heling en gemoedsrus (LitNet)

Publikasie

Die onsigbares

Publikasiedatum

2003

ISBN

9780795701580 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Kwela

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings op die internet

Abrahams, Fred: Die onsigbares: verskillende verhaallyne word behendig vervleg (LitNet)

Publikasie

’n Ander ek

Publikasiedatum

2007

ISBN

9781415200346 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Umuzi

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings op die internet

Van Zyl, Dorothea: Roman toon misdaad se inbreuk op die ‘ek’ - Die Burger, 30 Julie 2007

’n Keur van artikels oor en deur EKM Dido beskikbaar op die internet

Black, Marguerite: Mosaïek van kultuur: die vele fasette van EKM Dido (LitNet)
De Vries, Izak en Coenraad Walters: EKM Dido: Die prediker, uit Douspoor-handleiding (LitNet)
Dido, EKM: Die vaders en moeders (LitNet)
Dido, EKM: Briewe van Dido (LitNet)
Dido, EKM: Tien vrae wat nooit gevra word nie (LitNet)
Dido, EKM: Afrikaans is my taal en ek is Afrikaans (LitNet)
Price, Ivor: EKM Dido gesels oor haar hartseer en hartstog jeens “haar mense” … (LitNet)
Myburgh, Melt: Dis nie net wit mense wat Afrikaans praat nie – ‘n gesprek met EKM Dido (LitNet)
http://www.umuzi-randomhouse.co.za/edido.html




Bygewerk: 2007-11-05
Inligting verouderd/onvolledig? Stuur 'n e-pos aan album@litnet.co.za



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za




VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van SĂȘNet

Read more about Johannes Prins
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur