Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Gouelokkies en die drie beertjies
28 November - 9 Desember
2006-11-29 Druk dit/Print it

SPOONERISM Produksies bied die allergewilde verhaal van Gouelokkies en die drie beertjies vanaf 28 November tot 9 Desember in die Pierneef teater Mogglaan, Villieria, Pretoria. Elke oggend om 10:00 met twee vertonings op die 8ste en 9de Desember (09:00 en 11:00).

Die verhaal van die jong meisie met goue hare wat by drie bere se huis opdaag en hulle pap, stoelle en beddens uittoets word gemoderniseer om te sorg vir hope opwiding en vermaak. Al die karakters kry eienskappe wat kinders en hul ouers sal laat skaterlag en sal laat bloos. En kinders kry boonop die geleentheid om deel te neem aan al die streke en kaskanades van die karakters. Dis die klassieke verhaal met ’n wip in die stap. Moenie hierdie een misloop nie.

Die vertoning is ’n uur en kaartjies slegs R30, vir meer inligting en besprekings skakel die Pierneef Teater by tel: 012 329 0709. Bring die kleintjies vir ’n avontuur waaroor hulle onophoudelik sal praat.



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about JB Roux
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur