Die Fiestas is ’n geleentheid waar daar erkenning gegee sal word aan ons land se talentvolste en opkomende kunstenaars op ’n nasionale vlak. Dit is ’n viering van die beste produksies wat kunstefeeste die jaar op die planke gebring het.
Bo en behalwe die aankondiging van die wenners uit 18 kategorieë en 3 lewensbydraes, sal die verhoog ook gedeel word met onder andere Coenie de Villiers, Jannie Moolman, Minette en Zanne, Bobby van Jaarsveld en Amanda Strydom.
Die spog geleentheid vind plaas op 3 Februarie 2011 in die Kunstekaap/Artscape om 20:00. Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R85 – R120.
Kom vier dié glansgeleentheid saam met kykNET of kyk gerus die spesiale program wat op 5 Februarie om 20:30 uitgesaai sal word.
Moet dit nie mis loop nie.
Gaan lees meer oor die kykNET Fiestasbenoemings hier.
|
Twee LitNet-lesers kan elk 'n dubbelkaartjie wen na hierdie spoggeleentheid. Stuur 'n e-pos aan wen@litnet.co.za met "kykNET Fiestas" as onderwerp. Onthou om jou naam en selfoonnommer by die e-pos in te sluit.
|
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|