Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Projekte/Projects

Word 'n Vriend van SĂȘNet


Projekleier: Naomi Bruwer

Maak 'n Donasie


SêNet bars uit sy nate. Ons wil SêNet graag nóg groter en bedrywiger sien word. As jy jou daaglikse SêNet-“fix” geniet, kan jy nou ’n Vriend van SêNet word en LitNet help:
  • om meer briewe vinniger te plaas
  • om deskundiges/bekendes opdrag te gee om teen betaling kommentaar op LitNet te lewer oor sake wat op SêNet aangeroer word
  • om ons SêNet-webmeester in staat te stel om die ruimte te bestuur en langer ure aan SêNet te bestee - en moontlik hulpwebmeesters vir hom aan te stel
  • om dan en wan ’n kontantprys op SêNet uit te loof vir die beste brief oor ’n bepaalde saak
  • om briewe taalkundig deeglik te versorg
  • om SêNet te adverteer as Afrikaans se warmste dinkskrum en nóg meer lesers te lok
  • om LitNet rondom SêNet as kern uit te bou.
Lees hieronder hoekom Koos Kombuis, Antjie Krog, Mike van Graan, Hettie Scholtz, Toast Coetzer en Coenie de Villiers die 'n Vriend van SêNet-veldtog ondersteun of klik hier * om 'n bedrag van jou keuse te skenk.

Antjie Krog
Om uitgelewer te wees aan die goedgesindheid van joernaliste en op die koerantruimte wat beskikbaar is om jou kant te stel, kan soms 'n angswekkende ervaring wees. LitNet is dan van onskatbare waarde.

Mike van Graan
LitNet helps to fill a huge gap in the South African arts world by encouraging in-depth writing about contemporary issues, promoting debate and providing a forum for the simple practice of freedom of creative expression. As a forum it is stimulating, informative, challenging and often quite funny. With its professional design and consistently good quality it is one of the few things that I look forward to receiving in my Inbox on a regular basis.
Coenie de Villiers
Praat Afrikaans, kibbel Afrikaans, stem saam of verskil – maar gebruik Afrikaans by een van die lekkerste praatplekke in die kuberruimte!
Koos Kombuis
Hoewel SêNet 'n cool chatroom is, is dit nogtans belangrik om nog deelnemers te lok, al is dit net om die potensiële "bedompigheid" teë te werk wat noodwendig ontstaan as dieselfde mense te veel en te dikwels met mekaar praat ...
Waar is die Noord-Transvaalse boere? Waar is die ander huisvroue (naas Annesu en Sonia)? Waar is die tsotsi’s met gesteelde laptops?
Kom, help om SêNet waarlik kosmopolities en verteenwoordigend te maak.
Hiervoor gee ek as arm skrywer R30 per maand, en hoop dit inspireer ryker ouens om nog meer te skenk. Komaan, Stevie-boy!

Hettie Scholtz
My hart en hand is oop vir hierdie naelstring wat ons SêNet noem, want hier lees en skryf ons mense verwoed, hier sien jy demokrasie in aksie, warts ‘n all.
Daarvoor skenk ek as eksuitgewer wat ryk geword het uit die vrug van behoeftige skrywers se arbeid, R70 per maand. Immer in die hoop om selfs op die Sê nuwe skryftalent te identifiseer en aan te moedig.

Toast Coetzer
LitNet is nodig, want LitNet publiseer menigtes sonder om 'n enkele boom uit die aarde te ruk. LitNet is nodig, want vir honderdes gehurk agter lessenare met bloedklonte stadig op reis na 'n aarvernouing iewers hoër op, is dit lydelike verset tussen 9 en 5 wanneer die baas nie kyk nie. LitNet is nodig, want woorde is nodig. LitNet is nodig, want dit verg nie motballe nie. LitNet se argiewe ruik na warm elektrisiteit en neurie soos net 'n server kan neurie. LitNet laat mense byname of skuilname vir hulself uitdink. LitNet verbeter mense se tikspoed. LitNet laat mense lees, musiek luister en aan kwatryne dink wanneer hulle wynbottels sien. LitNet is 'n verbeelde speelgrond waar volwassenes kripties en anoniem kan spoeg en krap en tande inslaan, maar ook omarm, uitreik en toebroodjies deel. LitNet laat mense opstaan om die ketel aan te sit terwyl 'n bladsy laai. LitNet laat mense beskuitkrummels in hul toetsborde mors.
En dis rofweg hoekom ek heeltemal bereid is om R30 'n maand daarvoor te betaal. Dit is amper presies soveel soos 'n boksie katkos.

Jou skenking is jou keuse:
  • R70 per maand x 12 maande (R840)
  • R60 per maand x 12 maande (R720)
  • R50 per maand x 12 maande (R600)
  • R40 per maand x 12 maande (R480)
  • R30 per maand x 12 maande (R360)
  • of ’n eenmalige bedrag van jou keuse.

Jy kan onder jou eie naam of ’n skuilnaam bydra.

 

Het jy 'n RSA-bankrekening? Klik hier om ’n Vriend van SêNet te word.*

 
Is jy in die buiteland? Klik hier om ’n Vriend van SêNet te word.*

Wil jy nie 'n aanlyn-donasie maak nie?
Laai die donasievorm af in PDF.

*Users who are now leaving the LitNet site for the Givengain site should take note that LitNet is not responsible for content on the GivenGain site. Users have an obligation to familiarise themselves with the contents of the Disclaimer on GivenGain’s website, their Privacy Policy and the Terms of Use for Donor Registration. Any disputes about donations to LitNet will have to be resolved with GivenGain.



Maak 'n Donasie

Gepubliseer 2011-11-16

VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens


Read more about Wieland Gevers
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur