Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Kennisgewings | Notices > Aangrypende Kroes by Oude Libertas op die planke

Aangrypende Kroes by Oude Libertas op die planke


2008-03-06
Aangrypende Kroes by Oude Libertas op die planke

Kroes, die aangrypende verwerking van Pat Stamatélos se debuutroman, word van 12 tot 15 Maart by die Oude Libertas-amfiteater op Stellenbosch opgevoer.

Die toneelstuk wat vroeër vanjaar met groot sukses by Die Suidoosterfees opgevoer is, spog met bekende name soos Kim Engelbrecht, Nico Panagio, Celeste Matthews en Brendon Daniels. Die regisseur is die bekroonde Heinrich Reisenhofer, terwyl Ludolf Parker die teksverwerking gedoen het.

Die verhaal word vertel van Pattie Peters wie se ma gesterf het toe sy agt jaar oud is en ‘n paar dae later het haar pa haar by ’n tante afgelaai om daar “groot te raak”. Die lewe het snaakse draaie met Pattie geloop en Pattie van die Kaap land in die Goudstad. ’n Aanvallige meisie, lig van gelaat. En toe ontmoet sy ’n Griek van Sparta, ’n baie mooi man. Maar dis Suid-Afrika, dis die sestigerjare en Pattie Peters is ’n bruin meisie van die Strand. Wat haar hart verloor het waar sy dit nie durf doen nie.

Kaartjies kan bespreek word by Computicket, www.computicket.com of die Oude Libertas-kaartjieskantoor by 021 809 7380