![]() |
Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012) This is the LitNet archive (2006–2012) |
||||
|
2010-06-01 Mis Aangebied deur die Ou Meulteater Dit is die 31ste Augustus. Die wind huil om die hoeke van ’n armoedige huisie. Van veraf kom die klank van sirkusmusiek. Om die kombuistafel, drie vroue wat elkeen haar eie vrees probeer besweer. Gaan daar weer dié jaar, soos die vorige jare, ’n meisie in haar spierwit aannemingsrok verdwyn? Die vroue is benoud – maar glo dat die dominee en ouderlinge wat heelnag bid die onheil sal besweer. Skielik is daar ’n klop aan die deur. Dit is ’n onbekende, blinde konstabel wat aanvoer dat hy ’n ogie oor hulle kom hou ... Sal die konstabel hulle kan beskerm teen die boosheid van die nag? Akteurs: Esther von Waltsleben, Jan-Hendrik Opperman, Stephanie Hough en Vicky Stemmet Datums: 19 – 23 Julie en 26 – 30 Julie 2010
|


